top of page
  • Writer's pictureJohan Smith

Ware leiers stel ander eerste

As jy enigsins inspirasie nodig het om ander eerste te stel in jou lewe, kyk gerus na die lewe van Jesus. Hy is die Een wat ander hoër geag het as Homself. Hy is die Een wat sy dissipels se voete gewas het. Sy woorde aan jou en my is dat ons moet doen wat Hy gedoen het. O aarde, dis maklik om te praat, maar om dit te leef is 'n ander realiteit. Leiers kan so vol van hulself wees. Hulle kan so egosentries en belangrik wees. Van hulle sweef in plaas van te loop. Sommiges sukkel om by die deur in te kom omdat die ego spreekwoordelik bietjie groot is.


Dis tyd dat jy ander mense begin waardeer. 'n Goeie leier bring die beste in ander mense na vore. Dan volg buitengewone resultate. Geen mens is vandag 'n selfgemaakte mens nie. Nee, iewers op jou pad was daar enkeles wat hulle lewe gestop het en in jou ingebou het. Jy weet wie hulle is en jy is vandag steeds dankbaar vir die paartjies wat opgeoffer het ter wille van jou. Wees jy so 'n persoon vir ander.


Maak vir 'n slag tyd vir ander mense. Luister werklik, vra vrae, hoor hulle lewensstories en luister na hulle harte.Die oomblik wat jy intensioneel is om ander mense werklik beter te leer ken en werklik na hulle te luister, is dit moeiliker om selfgesentreerd te wees.


Hoe gereeld probeer jy om jouself in iemand anders se skoene te plaas? Ja, dis maklik om te kritiseer en iemand vinnig te oordeel en selfs af te kraak. Plaas jouself in daardie persoon se posisie, sien die wêreld vanuit iemand anders se oogpunt en jy mag dalk meer deernis en empatie teenoor die persoon ervaar.


John Wooden het die volgende gesê:


"Selfsug is die grootste uitdaging vir 'n afrigter."


Die einste John Wooden het almal om hom geleer om jouself te verloor ter wille van die span.


7 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page