top of page
  • Writer's pictureJohan Smith

Laat jou lewe praat

As kind het ons baie keer die speletjie ’follow the leader’ gespeel. Iemand kry ‘n beurt om voor te loop en alles wat die persoon doen, moet die ry mense wat agter hom aanloop hom nadoen. Dit was die meeste van die tyd vet pret omdat jy, as jy voor geloop het, dit so moeilik of laf moontlik gemaak het vir die ander wat jou volg. Hulle het soms gesukkel, maar volg het hulle gevolg.


Dit is wat dit beteken om ‘n dissipel van die Here te wees: jy volg Jesus so goed jy kan. Jy boots dus jou leier na. Baie mense in ons land noem hulself christene, maar leef nie naasteby soos die Een wie hulle veronderstel is om te volg nie. Ware christenskap beteken om Christus as jou leier te volg. Baie mense maak egter hulle eie reëls en leef uiteindelik maar net soos hulle wil. In sensus na sensus dui ongeveer sewentig persent van die bevolking aan dat hulle christene is. Wat hulle eintlik probeer sê is dat hulle, as hulle sou kerk toe gaan, na ‘n christelike kerk toe sou gaan.


Die bekende Hindoe-leier, Gandhi, is eendag deur ‘n vriend gevra:


If you admire Christ so much, why don’t you become a christian?


Dit blyk wel uit die vraag of Gandhi respek en selfs bewondering vir Jesus Christus gehad het. Sy antwoord was egter:


When I meet a christian who is a follower of Christ, I may consider it.


Uit die antwoord blyk dit dat Gandhi se paaie baie met diė van christene gekruis het. Hy het baie met hulle te doen gehad, maar hulle leefwyse en gedrag het net nooit vir hom gerym met dit wat hy van Jesus weet nie. Christene se ongehoorsaamheid aan die Een wat hulle volg het hom dus afgesit van christenskap. Om doodeerlik te wees, so lyk dit vir my, was hy ietwat ontnugter deur christene en dit wat hulle van christenskap maak.


Hoor die verantwoordelikheid van hoe belangrik jou voorbeeld vir ander is. Hoor hieruit hoe belangrik dit is dat ons liefde teenoor almal sal leef, dat ons vriendelik teenoor almal sal wees en dat ons God se genade na ander sal uitstraal.


51 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page