Kontak ons:

Vir optredes kontak gerus die VitaAmp-kantoor vir meer inligting.

Epos: info@vitaamp.org

Telefoon: 082 457 4696

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • Twitter

Skryf in vir die Inspirasie Nuusbrief

(kliek op 'n tema om in te teken)

© 2019 by TEAM VitaAmp 

Jou kind & Tegnologie

CD - Audio

Tegnologie soos selfone, rekenaars, die internet en vele meer is hier om te bly.  Elke dag verbeter tegnologie net meer.  Maar in 'n gesin kan tegnologie jou grootste vyand wees as dit nie reg bestuur word nie.  In vier insiggewende sessies verduidelik Johan Smith vir jou die gevare van tegnologie.  Met die nuutste navorsing help hy jou as ouers met oplossings vir hierdie uitdaging van ouerskap.

Praktiese Ouerskap

CD - Audio

Ouerskap wêreldwys is 'n uitdaging in die veeleisende tye waarin ons leef.  Tog bly die huwelik en die gesin vir God die eerste prioriteit bo alles.  In die reeks van ses word die fondament vir ouerskap uit die Woord gelê en dan baie praktiese raad gegee oor presies hoe om die belangrikheid van die gesin nie af te skeep nie, maar eerder prioriteit in jou lewe te maak..

Gesinsbates

CD - Audio

Die belangrikste bate wat jy vandag kan hê is jou gesin!  Ons leef in 'n stukkende samelewing waar gesinne uitmekaar val.  Vir baie ouers het hulle aanvanklik kosbare gesin 'n las geword.  Waar begin ek as ouer om 'n gesonde gesin te kweek?  In twee opbouende en baie praktiese sessies deel Johan Smith vyf baie eenvoudige beginsels wat jou kan help in hierdie verband.

Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is

Boek - Afrikaans

Jy't reg gelees!  Hierdie boek wys vir jou hoe 15 maklike keuses jou lewe in 'n groot gemors kan verander nog voor jy klaar is met hoërskool.  Ons is tog nie gemaak om voor 16 al lewensmoeg en op te wees nie.  Kom lees sus saam oor die 15 stupidste keuses wat 'n mens moontlik kan maak, en besluit vandag om jou lewe weg te stuur van verwoesting en die lewe regtig voluit te geniet.

Grense & Dissipline

CD - Audio

Die afwesigheid van grense en dissipline vandag is een van die grootste uitdagings in gesinne wêreldwys.  In drie baie leersame sessies gesels Johan Smith oor die hoe, hoekom en waarom van grense & dissipline.  Hy gee praktiese raad en riglyne vir elke ouer.  Ouers met kinders van enige ouderdom sal hier uit kan leer.

Gesonde gesinsverhoud-ings in 'n virtuele wêreld

Boek - Afrikaans

Die lewe vandag is so ’n dolle gejaag dat ouers en kinders mekaar dikwels net so in die verbygaan sien, en in daardie skaars tye wat ons ’n oomblik vir onsself het, is ons vasgegom aan ’n skerm van een of ander aard.

In Gesonde gesinsverhoudings 

gee Johan Smith praktiese en prettige raad hoe die gesin van die een-en-twintigste eeu kan wegkom van die digitale hulpmiddels en weer in ’n hegte verhouding met mekaar kan leef. Dit sluit voorstelle in soos die hou van fliekaande, die skep van saamlag-geleenthede en die terugbring van die etenstafel. So kan elke ouer die tipe omgewing skep waar kinders geborge voel en toegerus word om die toekoms met vertroue in te gaan.