• Johan Smith

Pa en Ma, vat eienaarskap

Daar was ’n tyd toe ons regering Christelike waardes beskerm het. Dobbel was onwettig, pornografie was onwettig ........... en so kan ek aangaan. Vandag (dis al lankal die geval) leef ons in ’n godsdiensvrye land, pornografie is gewettig en in oormaat beskikbaar vir almal, dobbelhuise skiet soos paddastoele op en die sensuur op flieks en video’s is baie effentjies. Ouers kan nie meer op die staat of skool staatmaak om hulle kinders op te voed nie. Dis so eenvoudig soos dit.


’n Kanadese jongman se laaste woorde aan die hof net voor hy die doodstraf opgelê is, was die volgende:


Am I alone responsible for the crime I committed? My father put the first bottle of liquor in my hand. My parents taught me there is nothing to religion. I never saw a Bible in my home.


Hierteenoor getuig ’n Amerikaanse jongman:


When my parents read the command, “And ye shall teach them to your children,” they did not think God was talking to the government or the school, or even the Sunday school or the church. They knew He was talking directly to parents.


God gee die verantwoordelikheid om jou kind op te voed en geestelik te versorg aan jou as ouer. Is jy in hierdie opsig ’n ware ouer vir jou kind of verwag jy nog dat die kerk, staat of skool daardie rol moet vervul?


Word gemotiveer deur Spreuke 13 vers 6. Komaan ouers, jy kan hierdie doen!


Die opregte bly behoue deur sy gehoorsaamheid aan die Here; ongehoorsaamheid laat die sondaar te gronde gaan.


Kom ons wees baie dankbaar vir elke kerk en skool wat werklik omgee vir jou kind en christelike waardes in jou kind inbou. Weet egter, en leef dit, die werklike eienaarskap van jou kind se opvoeding lê in die ouerhuis.



2 views0 comments

Recent Posts

See All