• Johan Smith

Narsistiese leierskap

'n Narsis bly 'n vreemde wese: hulle herken hulself nooit. Die ’me, myself and I’ is net te sterk en oorheers alles (en soms ook almal). Ek ken nie een mens wat saam met of onder 'n narsis werk wat gelukkig is nie. Almal praat agteraf, skinder, ’moan and groan’ en ly. 'n Narsis mis doodgewoon uit op wat 'n span kan vermag. 'n Narsis besef nie die krag van ‘n span nie. Nee, die ego is te groot. Die narsistiese leier dink hy of sy is die span. Wat 'n fout! Wat 'n verlies vir 'n organisasie!


Iemand onbekend beskryf dit as volg:


Narcissistic leadership is a leadership style in which the leader is only interested in him/herself. Their priority is themselves – at the expense of their people/group members. This leader exhibits the characteristics of a narcissist: arrogance, dominance and hostility.


Die gevolge van narsistiese leierskap is selde positief of mooi. Soos bo beskryf, is dit ten koste van ander. Dit sluit onder andere die volgende in:


Eerstens is werknemers (skool, kerk en sakewêreld) bekommerd, ervaar vrees en gereeld chroniese spanning. Hierdie kan die snellers wees vir angs en depressie. Die emosionele welstand van so 'n organisasie se werknemers is dus iets om oor bekommerd te wees. Hierdie gespanne, ongelukkige en gereeld depressiewe mens arriveer na werk by die huis en die hele huisgesin word negatief daardeur geraak.


'n Narsistiese leier gee baie om: gewoonlik net vir hom/haarself. Daar is dus nie sprake van empatie teenoor werknemers nie. Nee, hulle word gedryf en moet opereer soos masjiene. Die olie van empatie vir die ’masjien’ ontbreek en daarom is daar gereeld roes of stukkende ratte.


Navorsing van Berkeley Haas wys op die volgende:


The impact of a narcissistic leader can be an enduring one. The study shows that narcissistic leaders "infect" the culture of their organizations, which results in diminishing levels of things like integrity and collaboration, even after the leader has left.


Hierdie is 'n hartseer verhaal en 'n mens kan maar net pleit by direksies, beheerliggame en kerkrade om waaksaam te wees ten opsigte van narsistiese leierskap en daadwerklik teen dit op te tree.

14 views0 comments

Recent Posts

See All