top of page
  • Writer's pictureJohan Smith

'n Leier moet kan netwerk

Die "lonesome cowboy" pad werk nie meer vandag as dit kom by goeie leierskap nie. Inteendeel, dit het nog nooit gewerk nie en sal ook nooit werk nie. 'n Goeie leier moet kan netwerk - daar moet mense wees (buiten jou eie interne span) met wie jy in vennootskap staan. Die goeie vraag is hoe kies jy hierdie vennote? Aan watter standaarde moet hulle voldoen? Jy kan nie net hande vat met enige Jan Rap en sy maat nie. Nee, jou oordeelsvermoë is hier baie belangrik, want foute op hierdie vlak kan jou baie duur te staan kom. Ek lig vir jou 'n paar kriteria uit wat jou in diė verband kan help:


(1)

'n Goeie vennoot deel jou christelike waardes. Ons leef in 'n land vol bedrog en korrupsie. Daar is vele hakskeenbyters, gieriges en skynheiliges. Iemand wat oor 'n lang tydperk goeie karakter en integriteit wys, sal 'n goeie kandidaat wees.


(2)

'n Narsis is glad nie 'n opsie nie. Die gure karakters wat dink die wêreld draai om hulself moet nie eers oorweeg word nie. Hulle is 'n definitiewe "no go". Die beste raad wat ek jou met sulke mense kan gee is om afstand te kry - so ver as moontlik. Bly weg! Laat hulle alleen in hulle eie wêreld leef.


(3)

Kies iemand met passie en energie. Passie is aansteeklik en is daar en sigbaar omdat 'n persoon geroepe voel. Hy/sy is nie net besig met 'n werkie of hulle dagtaak nie. Nee, hulle is brandend met aansteeklike passie omdat hulle geroep is.


(4)

Kom ek leen by Moeder Teresa vir die punt. Sy het gesê: "Ek kan nie doen wat jy kan doen nie. Jy kan nie doen wat ek kan doen nie. Saam kan ons groot dinge doen." Met ander woorde, buiten karakter en waardes, kan 'n vennoot jou aanvul wat jou swakpunte aanbetref en jy kan hulle weer help met jou sterkpunte. Saam vorm julle 'n gedugte span.


(5)

Verhoudings is belangrik - eintlik alles. Kies mense met wie jy graag kan en wil kommunikeer. Kies mense wat ondersteunend is. Kies mense met wie interaksie 'n vreugde is.


Moet nooit die pad alleen probeer stap nie. Onthou netwerk is lewensbelangrik.

(Volgende keer meer daaroor)

13 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page