top of page
  • Writer's pictureJohan Smith

Loop voor met toewyding

Jy kan 'n baie lang lys maak van belangrike eienskappe in 'n goeie leier se lewe. Wat is die top 10, of die top 5? Dit gaan dalk verskil van persoon tot persoon en selfs van werksplek tot werksplek. Toewyding of "commitment" sal egter altyd een van die top karaktereienskappe van 'n leier wees en bly. Jy sal nêrens kom of 'n suksesvolle leier kan wees as jy nie toegewyd is nie.


Nehemia het een ding geweet: die muur moet herbou word. Die muur moet herstel word. Die stukkende muur in puin het sy hart gebreek en hom in beweging gekry. Dit was sy passie en dit moet met toewyding gedoen word. Die wat gaan help moet inkoop in die droom en absoluut hard en met gefokusde toewyding, doelgerig daaraan werk. Dis presies wat gebeur het. Die "toeskouers", wat ook vyande insluit, kon nie glo wat hulle sien nie. Hoe is dit moontlik? Hoe het hulle dit reggekry? Wel, die antwoord is eintlik eenvoudig: 'n passievolle leier wat sy span motiveer en elkeen wat hard en toegewyd werk aan een gemeenskaplike doel.


In Nehemia 6 vers 16 lees jy die volgende"


Toe ons vyande dit hoor en die ander volke rondom ons dit sien, het hulle grootpraterigheid soos mis voor die son verdwyn. Hulle moes erken dat ons dié werk met God se hulp gedoen het.


Die die asemrowende gevolg van toewyding aangevuur deur 'n passievolle leier.


Wat is nodig in so 'n bouproses - vir so 'n herstelproses?


  • Hê 'n gemeenskaplike doel waaroor almal opgewonde is - 'n doel wat 'n vuur in mense aansteek.

  • Moenie enige ruimte vir vrees toelaat nie. Ja daar gaan altyd 'n klomp "wat as" vrae wees. Dis 'n gegewe, maar gee geen ruimte vir vrees nie.

  • Hou aan bid en staan saam as een - almal se oë op die gemeenskaplike doelwit.

  • Volhard en hou aan. Beplan en bou met toewyding. Ja, hou aan om nooit op te hou nie. Jy kan selfs uitgelag word. Maak dit 'n stuk motivering in die proses.

7 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page