top of page
  • Writer's pictureJohan Smith

Leierskap = Investeer in en fokus op ander

Vir baie beteken leierskap om die “baas” te wees, om voor te loop (al stap niemand agter jou aan nie), om gehoor en gesien te word en om jou stempel af te druk waar jy ookal gaan. Jy wil en moet mense beïndruk deur vir hulle te wys jy kan en jy mag. Jy weet alles en kan vir almal enige tyd alles wees en jy het al die antwoorde op almal se vrae.


‘n Eenvoudige vraag: hoe vergelyk dit met die leierskap wat Jesus kom wys het op aarde? Hoe vergelyk dit met die hande-en-voete voorbeeld van Jesus gedurende die tyd wat hy op aarde was? ‘n Antwoord is dalk vir nou totaal oorbodig.


Die wonderlike leier, Jeremie Kubicek, getuig hoe hy ook eers verslaaf geraak het aan accomplishments en die komplimente en aanvaarding wat hy gekry het as gevolg van wat hy gedoen en bereik het. ‘n Baie ernstige ongeluk het sy hele lewe verander, ook die manier waarop hy na leierskap gekyk het. Hy het ‘n naby-dood ervaring op ouderdom 30 in sy lewe nodig gehad om ontslae te raak van sy eie verkeerde leierskapstyl om te kom by God se hart en leierskapstyl wat Hy van hom verwag.


I began to look at leadership as a vehicle to influence people and have a positive impact on them.


En nee, hierdie “gefokus op ander” het niks te doen met manipulasie of staan op ‘n verhoog voor mense met of sonder ‘n mikrofoon nie. Nee, dit het alles te doen daarmee om ander te dien. Dit het alles te doen daarmee dat jy op ander mense fokus en nie op jouself nie. Ander se drome is vir jou belangriker as jou eie. Hulle reis in die lewe raak jou fokus. Jy investeer in ander om hulle drome waar te maak. Dit gaan om hulle potensiaal en nie jou ego nie.


Invloed is dus nie om jou stempel af te druk nie. Invloed is dus nie om gehoor en gesien te word nie. Invloed gaan dus heel eerste nie oor jou nie. Een van die belangrikste take van enige leier is dus nie om te verstaan hoe om mense te lei nie, maar veel eerder hoe om mense te beïnvloed. Koop in in hulle drome. Luister eerstens na hulle harte en reageer daarop. Kry jouself uit fokus en hulle in fokus en dien hulle op hulle lewensreis. Dit is uiteindelik invloed en ook ware leierskap.


Is jy ‘n leier in naam en titel, maar dalk met geen invloed?

Dink diep en pas aan.


6 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page