top of page
  • Writer's pictureJohan Smith

Leiers loop voor met waardes en beginsels

Leierskap is nooit aan die huidige klimaat en kultuur in die wêreld gebonde nie. O nee, as die kultuur een van bedrog en korrupsie is, streef daarna om eerlik te wees. As die kultuur is om geweldadig en aggressief te wees, wees eerder sagmoedig en vriendelik. As die kultuur is om te praat-praat-praat, wees die een wat eerder luister en werklik hoor. Wees nooit te vinnig emosioneel en reaktief nie, maar eerder rustig evaluerend, analiserend en tree dan daadwerklik op. As die algemene neiging van mense en die gemeenskap is om negatief en pessimisties te wees, wees positief en vol hoop.


Dit is alles waardes en beginsels wat tydloos is en nie afhang van omstandighede nie. Dit is bepalend vir goeie leierskap. Leiers skep die regte kultuur. Hulle volg nie in die siek kultuur van 'n samelewing wat gereeld korrup en negatief is nie.


Spreuke 4 verse 20-27 skryf so reg en ook so mooi:


My seun, hoor wat ek vir jou sê, luister goed na my woorde! Moet dit nie

vergeet nie, hou dit altyd in gedagte, want dit beteken lewe vir dié wat

daarna luister, 'n volle lewe vir hom wat dit besit. Wees veral versigtig met

wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. Weerhou jou van

leuens, moenie mense mislei nie. Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg

voor jou uit. Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree. Moenie

links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers.



Johan Maxwell gebruik die woorde van Spreuke 4 so mooi en som die waardes en beginsels van 'n leier uitstekend op aan die hand van die Skrifgedeelte:


1. They are a guide; they help us stay on the right path.

2. They are a guard; they keep our hearts and bodies protected.

3. They are a gauge; they enable us to evaluate where we are.


Dis hoekom die Woord so belangrik is vir elke leier. Ken die Woord en formuleer jou eie waardes en beginsels daaruit en daarvolgens. Dan gaan jy nie wees soos 'n Kaapse wind wat elke dag anders waai nie. Nee, jy gaan 'n standvastige leier wees - waardig om gevolg te word.

15 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page