top of page
  • Writer's pictureJohan Smith

Lei soos Jesus - Deel 3

Om 'n leier soos Jesus te wees, beteken dat jy betroubaar sal wees. Ek probeer die belangrikheid van die eienskap altyd by leiers tuisbring deur vir hulle te sê dat daar drie eienskappe in ‘n leier is wat enige mens soek en dit is: betroubaarheid, betroubaarheid en betroubaarheid.


Hoeveel keer in jou lewe het jy al mense teleurgestel? Hoeveel mense in jou lewe het jou al gereeld teleurgestel? Dit gebeur net vandag te maklik. Mense is net nie meer gesteld daarop om betroubaar te wees nie. Of hulle nou laat opdaag, of glad nie opdaag vir afspraak nie, is vir baie mense nie belangrik nie. Die nakom van beloftes het opsioneel geword. Waar was die goeie ou tye toe ons nog jare gelede mekaar gereeld herinner het aan “beloftes maak skuld”. Dis net asof mense nie meer omgee nie. Dis asof die samelewing onbetroubaar geword het en die waarde en eienskap van “betroubaarheid” totaal minag. Daarom is dit ‘n skat van ‘n eienskap in ‘n leier.


Jesus was uiters betroubaar en het niemand ooit in die steek gelaat nie. Hy het gedoen wat Hy gesê het en dit is vandag nog so. As God iets belowe dan kom Hy dit na. 2 Timoteus 2: 13 stel dit baie mooi:


As ons ontrou is – Hy bly getrou:

Hy kan Homself nie verloën nie.


Daar is ook geen manier dat jy kan verwag dat mense vir jou respek moet hê en jou met vertroue moet volg, as jy nie betroubaar is nie. Dis hoekom Jesus so ‘n gewilde leier was. Verseker was dit nie oor sy baie besittings en mooi huis nie. Nee, sy betroubaarheid het baie daarmee te doen. As Jesus iets gesê het, het Hy dit gedoen en sy beloftes nagekom.


13 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page