top of page
  • Writer's pictureJohan Smith

God is nooit ver van jou af nie

In die lekker en maklike tye van die lewe is dit maklik om uit te roep: "Prys die Here!" Dis dan maklik om te sê "die Here is goed". 'n Mens sien dit so baie op sosiale media vandag wanneer iemand presteer of 'n mooiste en duurste geskenk ontvang. Die groot waarheid van "die Here is goed" is dat dit egter nie afhang van jou omstandighede nie. Dit is altyd so; in die goeie en swaar tye. Maar......


God kan soms ook so verskriklik ver en selfs afwesig voel. Wanneer die tekkie spreekwoordelik die teer ’strike’ en jou omstandighede draai sleg of negatief, voel God skielik so ver, so onbereikbaar ver. Hy voel op 'n afstand en glad nie betrokke by jou lewe nie. Die waarheid van die kruis en die leë graf is egter dat Jesus Immanuel is. Dit beteken inderdaad ’God met jou’ altyd en oral. Dit beteken absoluut dat Hy jou nooit sal los of in die steek sal laat nie.


Twee goed wat die bekende evangelis Spurgeon sê bevestig egter net weer die waarheid van God se nabyheid in moeilike en swaar tye. Iemand het eendag vir hom die volgende vraag gevra: “Waar is God?” Sy rustige antwoord was: “Die vraag is eintlik: Waar is God nie?” Dis so ‘n belangrike waarheid in tye wat jy alleen voel en jou gevoelens vir jou jok. Dis so belangrik as jou vyand ook nog verswarend kom en vir jou die leuen vertel dat God ver is. Spurgeon het ook die volgende gesê:


God se teenwoordigheid waar ons spartel in die vloed is beter as sonder Hom in ‘n veerboot.


Psalm 12: 8(a) en Psalm 16: 8(a) sê:


U, Here, hou oor ons wag.


Ek het die Here altyd by my.


Hou daaraan vas. Dit is die waarheid elke dag!






17 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page