top of page
  • Writer's pictureJohan Smith

Genade is alles

Hoekom wonder so baie goeie mense vandag oor 'n lewe in oorvloed vandag en die ewige lewe eendag? Hoekom is so baie mense onseker oor waar hulle die ewigheid gaan deurbring? So baie mense antwoord steeds vandag dat hulle “hoop” hulle sal eendag hemel toe gaan. Vele ander “dink” hulle sal hemel toe gaan. Gegrond op verdienste lyk hulle "punte" seker beter as gemiddeld.


Een van die baie redes hoekom mense so dink en redeneer, is dat ons woon en werk in ‘n performance driven gemeenskap. Alles gaan oor verdienste. Harde werk word beloon. Jy moet bevordering en ‘n salarisverhoging verdien. Niks word net vir jou gegee nie. O nee, jy werk hard vir enige iets. Met God werk dit anders, maar so min mense verstaan dit regtig.


Die Barna Foundation in Amerika se navoring en statistiek wys die volgende: 54% van alle Amerikaners glo steeds dat hulle hemel toe sal gaan deur goeie dinge te doen en op die wyse hulle plek in die hemel te verdien. ‘n Goeie lewe is gelyk aan die hemel, glo baie mense. Ek glo nie die syfer gaan veel anders lyk in ons eie land nie. Mense dink hulle moet God beïndruk en goeie punte in sy boekies verdien. Daarom het jy een van twee keuses: doen meer van die goeie; dit is dinge soos Bybel lees, bid en kerk toe gaan. As God jou nou beoordeel, so dink jy, dan moet Hy vir jou goeie punte gee. Die ander kant is: doen minder van die slegte. Dus, hou op vloek, rook, drink en allerlei onrein dinge. Nou score jy goeie en hoë punte by God – so, dink baie mense. Dis ‘n hele verdienste poging en op grond van jou goeie lewe kom jy dus in die hemel.


Maar hoe werk dit dan jou dat ‘n moordenaar wat langs Jesus aan die kruis gehang het, saam met Hom in die hemel geëindig het. En nie wanneer nie? Dieselfde dag nog – hy kon nie afklim en gaan regmaak en die hemel verdien nie. Nee, toe Hy Jesus nader, was Jesus se antwoord in Lukas 23: 43:


Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.


Die man het geestelik bankrot na Jesus gegaan . Hy het besef hy is ‘n sondaar en dat hy ‘n Verlosser nodig het. Hy het besef dat hy homself nie kan red nie en daarom roep hy uit tot Jesus. Op daardie oomblik word hy verlos en gered van sy sonde en gee Jesus vir hom die sekerheid dat hy oppad hemel toe is. Die woord “vandag” sê alles! En dis alles net deur genade! Het jy al daardie genade jou eie gemaak of is jy steeds besig met 'n futiele verdienste speletjie?


17 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page