top of page
  • Writer's pictureJohan Smith

Ek is 'n christen, maar.......


Hoe jy kommunikeer is erg belangrik. Hoe sê die spreekwoord: "Waar die hart van vol is, loop die mond van oor." Daarom is dit so belangrik dat jy jou "woorde tel." Hoe jy praat is vandag nie net woorde wat jy sê nie, maar ook woorde wat jy skryf. Ek is moeg en soms moedeloos as ek sien hoe mense hulle harte verraai met hulle manier van kommunikeer op sosiale media. Kan 'n mens jouself so blatant weg gee? Meet jouself 'n bietjie aan die volgende kriteria.


Jy praat gereeld erg negatief.

Jy trek 'n streep deur hoop met jou manier van praat en skryf.

Jy kritiseer graag ander.

Jy praat graag af op ander.

Jy hou daarvan om negatief en erg pessimisties te skryf en te praat.

Jou taal is versuur (verseker nie versier nie) met kragwoorde.


Hoe vaar jy so ver? Hier kom nog 'n paar:


Jy baklei graag met mense.

Jy boelie graag ander met jou woorde.

Jy saai graag verdag met wat jy sê en skryf.


Spreuke 12 vers 18 skryf so mooi:

Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sê.


Praat en skryf jy met 'n mes as tong en in jou hand? Of is jy wys? Bring jy

genesing, hoop en genade so ver soos jy beweeg? Waarvoor is jy bekend

en waarvoor gaan mense jou onthou?


Paulus help ons so mooi Efesiërs 4:


...praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom.


Wie na jou luister moet opgebou word - veral in 'n tyd soos hierdie. Almal is gespanne, onseker en raak maklik geïrriteerd en gefrustreerd. Daarom, luister na Spreuke en Paulus. Leef dit in elke gesprek - verbaal of geskrewe.

22 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page