top of page
  • Writer's pictureJohan Smith

Die krag van luister

Luister vra jou tyd.

Luister vra jou fokus.

Luister vra jou aandag.

Luister vra opoffering.

Luister vra jou ore.

Luister vra jou oë.

Luister vra jou energie.

Luister wys jy stel belang.

Luister wys omgee.

...daarom is luister om lief te hê.



As jy die paar uit-die-hart gedagtes lees, hoop ek dit van sag op jou hart. Verstaan jy dalk nou so 'n bietjie beter hoekom mense, ook jy, so graag gehoor wil voel. Jy wil net so graag voel iemand het jou gehoor. Ja, as jy luister op bogenoemde maniere sal jy iemand werklik hoor.


Dit is dalk hoekom Jakobus so mooi skryf in Jakobus 1 vers 19:


My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie.


Te veel leiers dink hulle is base. Te veel dink dat kommunikasie is praat, praat en nogmaals praat. Baie dink ook nog die praat moet gereeld kwaai, outokraties en af-praat op ander wees. Dis die tipiese gedrag van 'n baas, ongelukkig nie 'n leier nie. Dis sulke base wat gesien en beleef word as swak kommunikeerders en daarom ook swak leiers.


As jy werklik 'n leier wil wees, leer weer luister. Leer die kuns aan om ander te laat voel jy hoor hulle. Nee, jy hoef nie alles vir almal te doen nie. Laat hulle net gehoor voel.


Dit is 'n belangrike kuns van leierskap en ook 'n groot uitdaging: luister na die mense saam met jou. En nee, hulle is nie onder jou nie, hulle is saam met jou in jou organisasie. As jy dit nie verstaan nie gaan jy af-praat. Dan gaan jy die baas-mentaliteit leef. In terme van leierskap vandag, kry jy dan baie lae punte.

168 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page