top of page
  • Writer's pictureBerdine le Roux

Die hoekoms van die lewe

Terwyl ons aan ons lewensverhaal skryf, kan daar gebeurtenisse oor jou pad kom wat jou storie in ‘n heeltemal ander rigting verander. Dieselfde gebeurtenis kan met twee vreemdelinge gebeur en beide het ‘n ander uitkoms. Vir die een persoon werk dit goed uit en vir die ander nie so goed nie.


Hoekom word een vriend van my gesond van Covid maar die ander een is oorlede daarvan? Dit is een van al my hoekoms op die oomblik.


Die waarheid is egter dat niemand die presiese antwoorde het nie. Ons kan probeer om dit te probeer uit redeneer, maar ons sal net meer goedkoop antwoorde, meer verwarring en meer bitterheid in ons harte kry teenoor ander en die Here.


Ek het wel besluit om my vrede te vind dat die Here presies weet wat Hy doen en elke dag van my lewe is in Sy hande. Al verstaan ek min daarvan.


Johannes 9:1-3 het vir my ‘n stukkie waarheid oopgebreek oor al my hoekoms:


'Terwyl Jesus wegstap, sien Hy 'n man wat van sy geboorte af blind was. Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?” En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word. '


JOHANNES 9:1-3


Dit is gereeld die hoekoms in ons lewens wat God soveel eer gee. God gebruik die hoekoms in ons lewens om Homself aan Sy kinders te wys. As alles in ons lewens net seepglad verloop het, sou ons 100% afhanklik van die Here gewees het?


Dit is die hoekoms in ons lewens wat God eer gee. God gebruik die hoekom in ons lewens om Homself te manifesteer in hierdie wêreld waarin ons leef.


Jy mag dalk nou dink, hoe wys God homself deur as iemand siek word? Ek dink dit is juis hier waar die Here jou kom verander, want jy het ‘n keuse. Gaan die gebeurtenis jou bitter maak of gaan jy kies om uit dit te groei, op te staan in oorwinning te stap?

Gee jou hoekoms vir die Here, en laat Hom toe om jou te kom verander en deur jou getuienis Hom te verheerlik.


17 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page