top of page
  • Writer's pictureHendrik Nel

Biddende leiers is ook God se hande en voete

Daar was eendag ‘n klein Engelse seuntjie wat elke aand sy gebed geeindig het met die woorde: “God, dink aan U volk en u kinders en bespoedig die dag wat Israel weer U kinders sal word.” Gedurende die tyd van sy gebede het baie Jode reeds in ballingskap gebly vir byna agtien eeue. Die land Israel was in die hande van die Ottoman Turkse Ryk, ‘n Islamitiese ryk wat reeds vir vier eeue in Israel regeer het en geen plan gehad het om dit vir die oorspronklike eienaars terug te gee nie. Maar in Daniel 9:24-26 belowe God deur ‘n profesie dat Hy Sy volk sal herstel en dat hulle Hom sal dien. Dit is waarvoor die seuntjie gebid het.


Toe breek die Eerste Wereldoorlog uit en die Turkse Ryk begin wankel. Die Britse weermag, onder die leierskap van Generaal Edmund Allenby, verower die land Israel van die Ottoman Turkse Ryk. Brittanje bepaal dat die land Israel weer aan die Joodse volk teruggegee moet word. Die Engelse seuntjie se gebed is verhoor. Die seuntjie het grootgeword en in die Britse weermag opgeëindig. Hy is uiteindelik bevorder tot generaal. Hy was Generaal Edmund Allenby! God verhoor die seuntjie se gebede deur homself.

Dit wys dat God baie keer gebede verhoor deur jouself te gebruik om Sy hande en voete te wees. In God se hande is die gebede van klein seuntjies sterker as ‘n magtige ryk en die krag van gebed is ook sterker as koninkryke. Dit verander lewens en die geskiedenis. Die lot van ‘n nasie verander deur ‘n enkele gebed. Die een wat binne God se wil bid kan die instrument word om profesiee waar te maak en die wêreldgeskiedenis te verander. Bid binne God se wil, word God se hande en voete op aarde en maak gebede waar.


10 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page