President James Garfield het die volgende gesê:
I do not care what others say and think about me. But there is one man’s opinion which I very much value, and that is the opinion of James Garfield. Others I need not think about. I can get away from them, but I have to be with him all the time. He is with me when I rise up and when I lie down; when I eat and talk; when I go out and come in. It makes a great difference whether he thinks well of me or not.
Dis verskriklike waar en belangrike woorde. Daarom moet jy doelgerig begin om God se waarhede oor jou te ken en te memoriseer. Elke keer wat jy deur leuens aangeval word oor jouself, vervang dit met God se waarhede. Wees bewus van die stryd: dis wat die wêreld sê versus wat God sê. Kies reg en begin dit inoefen. Daar is soveel stemme wat jou kop laat raas vandag, ook jou eie stem! Jy moet leer om fyn te luister en God se stem bo al die ander stemme te herken.
Geen mens wat werklik besef waaroor die kruis gaan, kan sukkel met selfliefde en selfaanvaarding nie. Die kruis was in jou plek. Jy is so spesiaal dat Jesus vir jou aarde toe gekom het (vergeet vir ‘n oomblik die wêreld) – die kruis was vir jou. God kom sy liefde prakties wys vir jou. Jesus hang en sterf aan die kruis vir jou. Gee dit jou waarde? Is dit nie die waarheid waarmee jy die wêreld en sy oppervlakkige standaarde kan beveg nie?
John Scotus skryf die volgende waar woorde:
Mense, gemaak na die beeld van God, het ‘n onuitspreeklike en onvervreembare waarde en waardigheid.
Jy kan bogenoemde woorde vergelyk met die gedeelte in Psalm 8 vers 5. Maak beide die gedeeltes baie persoonlik en skryf jou naam in waar daar na “ons” of “mens” verwys word. Lees dit oor en oor en word vervul met verwondering. Ja, jy is met aansien en eer gekroon! God sien elke dag na jou om en Hy is elke tree wat jy gee, saam met jou en elke oomblik van elke dag by jou.
Psalm 8: 5 sê so mooi: Wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? U het hom net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon.
Comments