top of page
  • Writer's pictureJohan Smith

Lag, wees propvol vreugde!

God is ‘n God van vreugde! Glo jy dit? Begin dit dan leef. CS Lewis skryf:

Joy is the serious business of heaven.

Frances de Sales skryf weer:

The evil one is pleased with sadness and melancholy because he himself is sad and melancholy, and will be so for all eternity. Hence he desires that everyone should be like himself.

Moenie dat pyn en seer in die lewe jou vreugde steel nie. Ook in die swaar en moeilike tye kan jy weet God is daar, Hy dra jou en jy is veilig in sy arms. Al gaan dit swaar, bly naby God en ervaar vreugde om by Hom te wees. Pasop in tye wat dit met jou goed gaan om so vroom en prim and proper te wees dat jy bang is of vergeet om die lewe te geniet. Jy mag! ‘n Christen het nie drank, seks en sulke tipe dinge nodig om te lag en vrolik te wees nie.

Ek is oortuig daarvan dat daar baie meer jongmense die Here voluit sal dien as hulle meer vreugde en blydskap in hulle ouerhuise ervaar. Pa’s en ma’s kan tog so ernstig raak en vreugde in die proses mis. Ja, selfs in die kerk ontbreek vreugde, lag en vriendelikheid op groot skaal wat baie jongmense afskrik en eerder laat weghardloop. Dit is so nodig dat volwassenes in die kerk en in ouerhuise die Here sal ken en dien met uitbundige vreugde! Dan is christenskap mos ‘n heerlike advertensie en lyk dit na iets wat jy ook wil aangryp en probeer. Vance Havner beskryf dit mooi in een van sy preke wat hy gelewer het:

The Church suffers today from a saddening lack of old-fashioned, simple-hearted, overflowing, Christian joy…today the same Christian who yell like a Comanche Indian at a football game sits like a wooden Indian in the house of God on Sunday.

Die fliek Patch Adams is ‘n fliek wat my aangegryp het. Robin Williams speel die hoofrol van Hunter Adams (Patch) en na die fliek het hy my gunsteling akteur geword. Hy is ‘n student wat medies studeer en deur vreugde sy pasiënte opbeur en laat lag. Gereeld is hy in die moeilikheid by sy professore (o, hulle is tog so ernstig!), maar dan gaan hy maar weer aan met sy lewe van vreugde, geluk en blydskap. Hy versier die wêreld vir mense in pyn en nood en beur hulle op. Ek en jy kan daaruit leer dat maak nie saak hoe moeilik of swaar dit met jou gaan nie, God is daar, God het jou lief en God hou jou vas.

Wees ‘n Patch Adams ten spyte van jou omstandighede omdat jy Jesus ken en jy weet hoe groot en wyd God se liefde vir jou is. Ja, Patch het ook sy pyn en swaar tye in die fliek gehad: sy meisie is wreed vermoor. Hy het daardeur gewerk en aangegaan met sy lewensroeping: om vreugde te leef en ander mense op te beur.



41 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page