top of page
  • Writer's pictureJohan Smith

Lei soos Jesus - Deel 5

Energie en entoesiasme is 'n baie belangrike eienskap van 'n leier. Sien die prentjie van ‘n langdradige, droë leier wat probeer om sy volgelinge opgewonde te kry vir ‘n bepaalde saak. Daar is nie ‘n manier nie! Entoesiasme kweek entoesiasme. Daarom moet ‘n leier werklik glo in sy saak anders gaan jy nie daaroor opgewonde kan raak nie. As jy ‘n saak wil stel of aan volgelinge wil “verkoop” moet jy dit met passie doen. Passie word gebore uit geloof in ‘n saak en entoesiasme oor die saak. Elke goeie leier waaraan ek kan dink, is vol passie vir hulle saak. Hule het opgewonde volgelinge wat aangevuur is deur die energie en entoesiasme van hulle leier. ‘n Mens vol passie vir ‘n saak is ook iemand wat gemotiveerd is. Dit help weer om jou span te kan motiveer. Passie en entoesiasme het niks te doen met die feit dat jy dalk ‘n ekstrovert is nie. Nee, dit geld ook vir die introverte wat dink hulle kan nie iets met passie en energie aan mense oordra nie. Ralph Emerson het gesê:


Niks van enige groot belang is nog ooit bereik sonder groot geesdrif nie.


‘n Leier is ook iemand wat kan delegeer. Dit help nie jy het so ‘n geloof in jouself en so ‘n hoë dunk van jouself dat jy glo jy is die enigste een wat ‘n taak goed kan afhandel nie. ‘n Goeie leier het altyd ‘n goeie span. Dink maar Jesus se span in die Bybelse tye, naamlik sy dissipels. Dink aan Jesus se span vandag: ek en jy is onder andere deel daarvan. Ja, jy moet kan delegeer. Jy moet lei deur jou voorbeeld, wees diensbaar, maar die hele tyd moet jy volgelinge saam op die wa laat klim. Geen mens kan ‘n taak alleen afhandel nie. Die spreekwoord wat sê dat ‘n ketting so sterk is soos sy swakste skakel, is hier baie waar en van toepassing. Wees bereid om te waag en ander te vertrou. Help ander mense ontwikkel in die proses. So versterk jy jou span en bou aan leiers vir die toekoms.

7 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page