BOEKE

Alle boeke en publikasies is verkrygbaar by Cum Boeke (Area Nommer) of Shekinah Boekwinkel (012 997 8041) by NG Moreleta Gemeente. Kontak gerus om beskikbaarheid te verseker.

Cum Books

Ouerskap

BOEK RESENSIE – 7 Ritmes vir kinders

Ontdek ’n prettige manier om die regte grondslag te lê vir kinders se geloof. Met 7 ritmes vir kinders gee Tom en Lollie Smith vir ouers (en ander versorgers) handige wenke oor hoe om kinders te lei om meer soos Jesus te wees en ’n verhouding met Hom te hê. Deur hierdie praktiese beginsels herhalend in kinders se lewe toe te pas, vorm dit ’n ritme om hulle meer en meer soos Jesus te laat word.
Deel 1, met breë kantlyne vir notas, fokus op die struikel-blokke vir kinders en die proses van verandering.
Deel 2 fokus op die sewe goddelike ritmes:

  1. God is liefdevol en ontmoet ons waar ons is.
  2. God is altyd beskikbaar en wil graag met ons ’n verhouding hê.
  3. God is die weg en genees ons om in sy karakter te groei.
  4. God is die Koning en vra ons om met ons talente sy koninkryk uit te bou.
  5. God is drie-enig en nooi ons uit om in ’n gemeenskap te leef.
  6. God is lief vir die hele wêreld en stuur ons om ook lief te hê.
  7. God is kreatief en roep ons om Hom te volg in ons hele lewe.

Elke hoofstuk in 7 ritmes vir kinders sluit af met be-sprekingsvrae en ’n praktiese oefening vir die gesin. Ouers en ander versorgers kan ook www.kinderritmes.co.za besoek vir meer ondersteuning.

Outeurs: Tom Smith & Lollie Smith

BOEK RESENSIE – Tem jou kind se tantrums

Die meeste ouers het al iewers langs die pad gevoel asof hul kind se buie die huishouding beheer. En dan praat ons nie eers van daardie skaam-my-dood-oomblikke in die winkel waar jy regtig nie weet wat om te doen nie…

James Dobson het raad in Tem jou kind se tantrums. In hierdie sakpas-juweeltjie fokus Dobson spesifiek op die dissiplinering en liefdevolle vorming van kinders. Dobson gee praktiese raad en basiese beginsels vir ouers wanneer dit kom by sake soos lyfstraf, dissipline vir verskillende ouerdomme, sensitiewe kinders en woede by ouers.

Tem jou kind se tantrums bevat ook ʼn spesiale afdeling met vrae en antwoorde waar Dobson algemene vrae en bekommernisse van ouers behandel.

Tem jou kind se tantrums is ideaal vir ouers wat dikwels wonder hoe om daardie klein maar sterk willetjie onder beheer te bring.

Outeur: Dr. James Dobson

BOEK RESENSIE – 20 Dinge

Mans maak so moeilik hulle harte vir mekaar oop. En dit des te meer wanneer die onderwerp nie altyd lekker is nie, of ʼn mens ongemaklik kan maak. Weens sy betrokkenheid by die jeug weet Johan Smith wat die dinge is waarmee jongmense stoei, en as pa weet hy hoe moeilik dit is om jou hart oop te maak teenoor jou kinders en die wysheid te deel wat jy op die harde manier moes leer – sónder om te preek.

Met 20 dinge waarmee seuns struggle / 20 dinge wat my seun moet onthou gee Johan pa’s en seuns dus die beste van twee wêrelde: ʼn 2-in-1-boekie met 20 briewe vanuit seuns se perspektief oor die dinge waaroor hulle dink, maar ongemaklik voel om oor te praat, en 20 briewe vanuit ʼn pa se perspektief oor dinge wat hy graag met sy seun wil deel. Onderwerpe sluit in seks, Christenskap, vroue, vriendskap … eintlik enigiets wat swaar op ʼn man se hart lê.

Outeur: Johan Smith

Leiers

BOEK RESENSIE – 1 minuut-inspirasie

Dit is nie altyd maklik om aan die stuur van sake te staan wanneer die pad lank en die terrein ongelyk is nie. Maar met die regte motivering en aansporing kan dit ’n tyd gelaai met sukses en uitnemendheid wees.

In 1 minuut-inspirasie vir leiers skep Stan Toler ’n wen-kombinasie van motiverende aanhalings, teksverse en vertellings wat jou sal inspireer om die potensiaal in jou eie lewe te ontsluit.

Hierdie sakpas, humoristiese gids bied byna 80 praktiese wenke wat jou gedagtes aan die gang sal sit, waaronder:

  • Leiers sit tyd opsy om te ontspan
  • Leiers het ’n sin vir humor
  • Leiers vra vergifnis

1 minuut-inspirasie vir leiers sal elke leier – ervare of nuut aan die stuur – help om hulle doelwitte te bereik terwyl hulle dié om hulle aanmoedig.

Outeur: Stan Toler

BOEK RESENSIE – Die impak van ‘n Leier

Wat verg dit om die samelewing meer produktief én meer menslik te maak? Peter Drucker, topverkoper-outeur en bestuurskonsultant, is bekend as die vader van moderne bestuur. Sy motivering vir alles wat hy professioneel gedoen het, was om ’n bydrae te lewer tot die samelewing.

Bob Buford verwoord sy gesprekke met hierdie leermeester in Die impak van ’n leier en kyk na temas soos: buitengewoon gewoon, sukses tot sinvolheid, doelgerigte innovering, die God-vraag en red die samelewing. Bob wys ook hoe hy en Peter saam ontdek het watter berge versit kan word wanneer mense ’n gesamentlike visie het.

Die webtuiste www.DRUCKERandME.com is geskep as ’n hulpbron om by te dra tot die ervaring van Die impak van ’n leier.

Outeur: Bob Buford

leiers-book-3

Jeug

BOEK RESENSIE – Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is

As volwassenes soms sukkel om kop te hou, wat vanons jongmense? Hulle word uit alle oorde gebombardeer met superryk, superbekende en supersexy plastiekbeelde. Maar hulle besef nie altyd hoe vals hierdie beelde is nie, en streef dan – dikwels op vernietigende wyse – daarna om soos minder as 2% van die wêreldbevolking te lyk en op te tree.

Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is is daarom ’n móét vir elke jongmens, ouer, onderwyser en jeugwerker. Johan Smith bespreek onder andere selfdood, die misbruik van tegnologie, drank, dwelms, eetversteurings, okkultisme en pornografie – net ’n paar van die 15 dinge wat régtig jou lewe kan verwoes.

Dié hersiene uitgawe van Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is bevat nuwe statistiek en ook besprekingsvrae wat tieners self kan deurwerk en wat van onskatbare waarde vir jeugleiers sal wees.

Outeur: Johan Smith

BOEK RESENSIE – Kwelvrae wat Tieners vra

Jimi le Roux neem jongmense in Kwelvrae wat tieners vra terug na die Bybel vir antwoorde op húlle vra. Die boekie bevat 82 vrae wat Jimi onder tieners bymekaar gemaak het.

Vrae wat in hierdie boek behandel word, sluit in:

  • Hoekom verskil mense so erg oor die Bybel?
  • Wie is nou reg oor die skepping: Die Bybel of die wetenskap?
  • Wie het God gemaak? Hoe het Hy ontstaan?
  • Wat word van mense wat sterf sonder dat hulle van Christus gehoor het?
  • Is daar werklik engele? Wat doen hulle?
  • Wat gebeur met mense ná hul dood?
  • Hoe weet ek dis God wat met my praat?

Kwelvrae wat tieners vra is die ideale beginpunt waar tieners kan begin soek na antwoorde.

Outeur: Jimi le Roux

BOEK RESENSIE – Staan jou man

Met geen arms of bene nie, was Nick Vujicic elke boelie se droom. Hy ken daardie gevoel wat jou maag laat pyn, die nagmerries laat kom en iemand laat voel asof daar geen hoop is nie …

Maar sy boodskap is dat jy dit kán oorkom, want geen boelie kan vir jou sê wié jy is nie. In Staan jou man wys hy vir lesers hoe om ’n beskermingstrategie teen boelies op te bou sodat hulle kan opstaan teen boelies van enige aard.

Hierdie boek sal jongmense onder meer leer om:
Staan jou man is ideaal vir elkeen wat wil opstaan teen wreedheid – hetsy teen hulself of dié vir wie hulle lief is.

Outeur: Nick Vujicic