OUTEUR | OUER | LEERDER | SPREKER | MENTOR

Oor Dr. Johan Smith

Hy werk al meer as 30 jaar met jongmense, ouers en gesinne en van sy ongeveer 30 boeke as outeur of mede-outeur fokus veral op die groepe.

Verder tree hy landswyd op in kerke vir prediking en reekse wat veral fokus op ouerskap/gesin, dissipelskap, verhoudings met gelowiges en ongelowiges, depressie en uitbranding en geestelike groei. Hy het al by vele manne en vroue konferensies landswyd opgetree. Hy het ook al tientalle jeugkampe, jeugweke en praatjies vir jongmense by skole en kerke aangebied. Hy is iemand wat graag motiverings-, inspirasie- en bemagtigingspraatjies doen vir onderwysers by skole.